GOUE DROME WOW!-STêR

Stylvolle talentaande met ‘n verskil!

WIL JY GRAAG WEET WAT JOU TE DOEN STAAN OM ‘N SUKSESVOLLE SANG- OF MUSIKALE LOOPBAAN TE VERSEKER? OF WIL JY NET BIETJIE MEER DOEN AS NET VIR JOUSELF SING? SLUIT AAN BY WOW!-STêR EN JY SAL WAARDEVOLLE HULP KRY OP DIE PAD VORENTOE!

WAT KRY JY AS DEELNEMER HIERUIT?

  1. Optree-geleenthede

Jy kry optree-geleenthede waar mense wat in ontwikkelende talent belangstel na jou luister. Jy kan natuurlik enige liedjies sing en sodoende jou stem en styl asook jou aanbieding ontwikkel. Wanneer jy op die vlak kom waar jy jou eie liedjies/musikale werke skryf of liedjies sing/musikale werke speel wat vir jou geskryf is, is dit handig om dit voor gehore op te voer en hulle terugvoer te kry. By WOW!-STêR kry jy gereeld daardie geleentheid. Die WOW!-PLUS rondte by elke talentdag is daarop gemik om vir talentvolles wat reeds maksimum waarde uit WOW!-STêR kategorieë geput het op ‘n meer professionele vlak te laat optree, met diskrete kommentaar.

  1. Opbouende advies

Kry opbouende raad van beoordelaars uit die musiekbedryf. Elke keer wat jy deelneem kry jy nuwe raad en advies wat, as jy dit volg, jou sal help om gevorm te word tot ‘n kunstenaar in die ware sin van die woord. Selfs ervare kunstenaars kom nog by WOW!-STêR optree (in die WOW!-PLUS rondte) om raad te kry.

  1. GOUE DROME WOW!-STêR ranglys

Elke deelname verdien vir jou punte op die ranglys op die dorp waar jy deelneem en wat weer gekoppel is aan die OOS-KAAPSE GOUE DROME WOW!-STêR ranglys. Na elke talentdag word ‘n ranglys (met akkumulerende punte) bekendgemaak. Hierdie ranglys bepaal uiteindelik wie die beste gevorder het gedurende die jaar om te kan deelneem aan die OOS-KAAP GOUE DROME WOW!-STêR GLANSAAND gedurende Oktober/November elke jaar en om gekroon te word as die GOUE DROME WOW!-STêR van die betrokke jaar! Die ranglys word in ‘n e-nuusbrief sowel as op hierdie webblad bekendgemaak. Daar is vier talentaande per dorp per jaar en elke dorp hou ook ‘n eie plaaslike FINAAL.

  1. Liedjieskrywers

Om in die musiekmark ‘n deurbraak te maak, is dit van die uiterste belang om jou eie liedjies/musikale werke te skryf of iemand te kry om vir jou liedjies/musikale werke te skryf. By WOW!-STêR sal jy kennis maak met liedjieskrywers en uitvind hoe om die wiel vir soiets aan die rol te sit of selfs jou liedjies opgeneem te kry.

  1. Neem deel in verskeie dorpe … as jy wil

Jy kan self besluit waar jy wil deelneem … in Port Elizabeth, Jeffreysbaai, Uitenhage, Graaff-Reinet of enige dorp waar die WOW!STêR reeds gevestig is. Lees meer hieroor ondertoe in hierdie dokument. As jy in ander dorpe/stede deelneem het jy meer kanse om as finalis vir die OOS-KAAP GOUE DROME WOW!-STêR FINAAL te kwalifiseer. As jy egter in meer as een dorp kwalifiseer, kan dit gebeur dat jy net een keer in die finaal optree omdat dit tot jou nadeel sal wees om meer as een item te lewer. Meer as een item kan lei tot verdeling van stemme vir jou en veroorsaak dat jy nie so goed presteer as wat jy verdien nie. Dit bly egter jou besluit of jy in so ‘n geval net een keer of meer kere wil optree. Die ware voordeel wat jy put uit deelname op meer as een dorp, is die ervaring en waardevolle raad wat jy ontvang wat jou vinniger sal laat ontwikkel as jy die raad ter harte neem.

  1. Jou profiel op www.gouedrome.co.za (TANS ONDER ONTWIKKELING)

Elke deelnemer het ’n profiel op die webblad www.gouedrome.co.za waar vorige uitslae en kommentaar deur beoordelaars beskikbaar is vir latere verwysing. Gebruik hierdie tot jou voordeel en om jou eie ontwikkeling aan te help. Natuurlik kan jy self besluit watter van die opbouende kommentaar deur beoordelaars jy meer belangrik ag as ander en dan daarop fokus.

  1. Bemarking vir jou as kunstenaar

Jou foto (sodra jy dit opgelaai het) met ‘n kort biografie verskyn op ons webblad (www.gouedrome.co.za) waarvandaan jy selfs bespreek kan word vir optredes. Dit word afgehaal wanneer jy nie vir ‘n volgende talentvertoning ingeskryf het nie, tensy jy steeds die volle inskrywingsfooi betaal al neem jy nie deel nie. Jy moet egter self die inligting voorsien aan GOUE DROME deur dit per e-pos aan te stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Persone wat nie so gereeld aan die WOW!-STêR kan deelneem nie kan in elk geval hulle inligting op die webblad adverteer teen R50 per maand.

  1. Die volgende stappe

By die GOUE DROME WOW!-STêR talentvertonings sal jy hoor hoe om oorspronklike werk op te neem sodat dit radiokwaliteit opnames is en hoe jy kan maak om dit op radiostasies te laat speel. Ons help ook met raad oor hoe om DVD’s te laat maak, en wat jy moet doen as jy ‘n musiekvideo wil laat maak.

  1. WOW!-STêR XTRA

GOUE DROME reël ook verskeie ander geleenthede waar talentvolles kan optree. Wanneer sulke geleenthede beskikbaar is, sal deelnemers persoonlik daarvoor uitgenooi word of in ander gevalle sal ’n algemene uitnodiging gerig word sodat WOW!-STêR deelnemers daarvoor kan aansoek doen.

  1. WOW!-STêR SUPERSHOWS

GOUE DROME hou ook van tyd-tot-tyd WOW!-STêR SUPERSHOWS waar uitgesoekte talent uitgenooi word om aan ’n reeks konserte of ander opvoerings (soms saam met talentvolles buite die WOW!-STêR) deel te neem. Dit geskied streng op uitnodiging en geen korrespondensie word gevoer oor hoekom enigiemand nie vir deelname hieraan gekeur word nie. Dit is dus ’n ekstra geleentheid wat slegs vir sommiges bestem is. As jy seker maak dat die vermaaklikheidswaarde wat jy vir gehore bied van hoogstaande gehalte is, sal jy waarskynlik sterk oorweeg word vir deelname.

  1. Gratis toegang vir deelnemers

Goedgekeurde deelnemers wat hulle inskrywingsfooie betaal het, kry gratis toegang tot alle WOW!-STêR talentdae – dus hoef hulle nie ook nog vir toegang te betaal nie.

  1. Liedjieskryfwerkwinkels

Van tyd-tot-tyd bied WOW!-STêR spesiale liedjieskryfwerkwinkels aan waarvoor deelnemers spesifiek kan inskryf. Nadere besonderhede sal van tyd tot tyd bekendgemaak word. Laat weet asseblief as jou naam op die waglys moet kom hiervoor. Stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  1. Kunstenaar Slypskole

Kunstenaar slypskole is van die uiterste belang as jy jou sangloopbaan ernstig opneem. Om jou in hierdie opsig ‘n hupstoot te gee, word dit ook van tyd-tot-tyd aangebied. Laat weet asseblief as jou naam op die waglys moet kom hiervoor. Stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

  1. Beoordelaarskursus

Op gereelde basis word ‘n Beoordelaarskursus aangebied vir persone wat meen hulle beskik oor die agtergrond en kwaliteite om goeie beoordelaars te kan wees. Stuur u naam aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. om op die waglys vir die eersvolgende Beoordelaarskursus geplaas te word. Slegs goedgekeurde beoordelaars mag by WOW!-STêR talentdae beoordeel.

Beoordelaars wat reeds hulle sertifikate verwerf het, kan ook vir die GEVORDERDE BEOORDELAARSKURSUS inskryf. Ook in hierdie geval kan beoordelaars hulle voorneme bekendmaak deur ‘n e-pos aan te stuur.

  1. Choreografie, stemafrigting, kunstenaarsafronding

Jy leer baie van choreografie en stemafrigting en kunstenaarsafronding deur net te luister na die beoordelaars se kommentaar. Maar ons is ook in die posisie om jou in kontak te bring met die beste choreograwe en stemafrigters asook met persone wat jou met meer persoonlike en gereelde kunstenaarsafronding kan bystaan sodat jy nog vinniger vorder. Stuur ‘n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

  1. Goeie venue

Goue Drome kies net die beste venues waar hulle talentvertonings plaasvind. Almal wil graag daar optree en die voordeel is dat baie mense meer bewus sal wees van jou as deelnemer as ons ‘n gesogte venue soos hierdie gebruik.

  1. Goeie klank en beligting

Ons maak baie seker dat die klankpersoneel geduld het met ontwikkelende talent en ook die beste moontlike toerusting gebruik by elke geleentheid.

  1. Pryse

Verskeie pryse (trofees, sertifikate en soms ander pryse ook) kan gewen word by elke talentdag. Hoe meer deelnemers en hoe meer toeskouers, hoe groter die pryse. Dit is egter van belang om te weet dat dit in beginsel by die WOW!-STêR nie oor wen gaan nie, maar oor deelname en oor vordering. Pryse (wanneer dit beskikbaar is) is werklikwaar ‘n bysaak en net om dit bietjie meer interessant te maak.

  1. Jy word ‘n WOW!-STêR

Met al hierdie ervaring rondom jou en al die deelnemers wat elkeen elke keer iets nuut na die verhoog toe bring, word jy gestimuleer om baie, baie beter te doen as wat jy op eie stoom sou doen en dit gebeur ook vinniger. En voor jy jou kan kry, sal mense vir jou sê: “WOW, maar jy het drasties gevorder. Jy’s ‘n WOW!-stêr!”

  1. Wat kos dit alles? R20 000?

Nooit, dit is maar net ‘n fraksie van daardie koste! Jy skryf in vir elke talentvertoning en dit kos jou slegs slegs R150 per talentdag as jy ‘n solo-item lewer of ‘n klein bietjie meer as jy ‘n duet of groep inskryf.

SO WERK DIT!

Solo-deelnemers, duette of groepe (maksimum 5 persone) neem aan verskeie kategorieë deel op talentvertonings wat deur die loop van dag op ‘n voorafbepaalde datum plaasvind. Om te kan deelneem moet die deelnemer ‘n inskrywingsfooi betaal en in ruil daarvoor voorsien GOUE DROME ‘n puik infrastruktuur vir die optredes en voorsien ook beoordelaars wat uit die musiekbedryf kom om deelnemers van opbouende raad te bedien. Die wenners (bepaal deur die beoordelaars) plus die (gehoor se stemme via selfoon per mobi-site) van die onderskeie kategorieë kry die geleentheid om dieselfde dag deel te neem aan die WOW!-rondte waar die wenners van die onderskeie kategorieë teen mekaar deelneem om te bepaal wie die MINI WOW!-STêR (algehele wenner) van die dag is. Deur die loop van die jaar is daar ‘n ranglys wat bepaal wie die beste gevorder het en wat uiteindelik bepaal wie aan die dorp se FINAAL en die OOS-KAAP GOUE DROME WOW!-STêR FINAAL deelneem om as die betrokke jaar se WOW!-STêR gekroon te word.

Kommunikasie slegs per e-pos en WhatsApp!

Alle kommunikasie met deelnemers en die gehoor vind by wyse van e-posse en WhatsApp plaas EN OP GEEN ANDER MANIER NIE. Dit is dus van die uiterste belang dat u ‘n e-posadres bekom of die e-posadres van ‘n betroubare vriend of familielid gebruik of seker maak dat u op ons WOW!-STêR WhatsApp groep is. Geen uitsonderings sal ongelukkig gemaak word nie.

Maak seker dat u e-posadres en WhatsAppnommer op elke inskrywingsvorm aangedui is en dat ons aandag gevestig word daarop as dit verander.

Die gereelde gratis WOW!-STêR e-nuusbriewe en WhatsApp opdaterings sal aan u gestuur word en u kan ook kontakbesonderhede van familie en vriende aanbeveel waarnatoe dit gestuur moet word. Op hierdie manier lees hulle ook meer van u en word u ook bemark. As u nie die gereelde korrespondensie ontvang nie, laat weet ons asseblief.

Hoekom WOW!-STêR vertonings hou en hoeveel keer?

Hoekom?

Die GOUE DROME WOW!-STêR het ten doel om ‘n platform vir opkomende talent te skep waar hulle gereeld kan optree, hulle standaard telkens verbeter en uiteindelik ‘n meningvolle bydrae tot die musiekbedryf kan maak. Die belangrikste doelwit van die kompetisies is om plaaslike talent aan te moedig om eie werk (of werk wat spesifiek vir hulle geskryf is) op te voer en radiokwaliteit opnames daarvan te maak – natuurlik elkeen teen sy eie pas (ontwikkelingsgewys en finansiëel gesproke). Die WOW!-STêR vertonings is reeds bekend as die ruggraat en die grootste enkele bydraende faktor tot talentontwikkeling in die Oos-Kaap en ons beplan om dit landwyd uit te brei.

Hoeveel keer?

Die eersvolgende WOW!-STêR talentvertonings vind soos volg plaas:

Talentvertonings word op die nagenoemde datums aangebied (datums mag gewysig word op kort kennisgewing). Die onus rus op die deelnemers om vooraf seker te maak van elke datum – hou gerus hierdie webblad dop vir die nuutste inligting. Hierdie dien dus as finale kennisgewing van die datums van talentvertonings en geen verdere kennisgewings hoef deur die organiseerders uitgereik te word nie, tensy veranderings plaasvind. Die organiseerders kan ook die venue op kort kennisgewing verander. Maak seker dat u die webblad gereeld besoek en die datums bevestig!!

BELANGRIK: DIE SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS IS IN FEITLIK AL DIE GEVALLE PRESIES TWEE WEKE VOOR DIE TALENTDAG – LAAT INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD TEEN ‘N VEEL HOëR INSKRYWINGSFOOI, TENSY DIE TALENTDAG REEDS VOLBESPREEK IS!!!

PORT ELIZABETH:

Venue: WORD BINNEKORT AANGEKONDIG

Navrae en inskrywings: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. / Elna Botha by

082 706 9717

Deelnemers moet soveel moontlik probeer deelneem en so goed moontlik presteer om te kwalifiseer vir die DORP SE FINAAL EN OOK VIR DIE OOS-KAAP GOUE DROME WOW!-STêR FINAAL – dit is egter moontlik vir nuwe deelnemers op selfs die heel laaste talentdag nog te kwalifiseer vir die FINAAL. Deelnemers kan ook op enige dorp deelneem en ook by soveel dorpe as wat hulle wil as hulle graag vinniger wil vorder.

  1. WORD BINNEKORT AANGEKONDIG
  2. PORT ELIZABETH FINAAL 17 - WORD BINNEKORT AANGEKONDIG (vind op uitnodiging plaas volgens die PLAASLIKE RANGLYS)

  3. OOS-KAAPSE GOUE DROME WOW!-STêR GLANSAAND OP ## November – (vind op uitnodiging plaas volgens die OOS-KAAPSE RANGLYS)

GRAAFF-REINET

Venue: John Rupertteater

Navrae en inskrywings: Elna Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. (tel 0827069717)

Deelnemers moet soveel moontlik probeer deelneem en so goed moontlik presteer om te kwalifiseer vir die finale glansaand – dit is egter moontlik vir nuwe deelnemers op selfs die heel laaste talentdag nog te kwalifiseer vir die FINAAL. Deelnemers kan ook op enige dorp deelneem en ook by soveel dorpe as wat hulle wil as hulle graag vinniger wil vorder.

DATUMS WORD BINNEKORT AANGEKONDIG

GRAAFF-REINET WOW!-STêR FINAAL - WORD BINNEKORT AANGEKONDIG (vind op uitnodiging plaas volgens die PLAASLIKE RANGLYS)

OOS-KAAPSE GOUE DROME WOW!-STêR GLANSAAND: WORD BINNEKORT AANGEKONDIG  – (vind op uitnodiging plaas volgens die OOS-KAAPSE RANGLYS)

JEFFREYSBAAI

Venue: WORD BINNEKORT AANGEKONDIG

Navrae en inskrywings: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. / Elna Botha by

082 706 9717

Deelnemers moet soveel moontlik probeer deelneem en so goed moontlik presteer om te kwalifiseer vir die finale glansaand – dit is egter moontlik vir nuwe deelnemers op selfs die heel laaste talentdag nog te kwalifiseer vir die FINAAL. Deelnemers kan ook op enige dorp deelneem en ook by soveel dorpe as wat hulle wil as hulle graag vinniger wil vorder.

WORD BINNEKORT AANGEKONDIG

JEFFREYSBAAI WOW!-STêR FINAAL - WORD BINNEKORT AANGEKONDIG(vind op uitnodiging plaas volgens die PLAASLIKE RANGLYS)

OOS-KAAPSE GOUE DROME WOW!-STêR GLANSAAND - WORD BINNEKORT AANGEKONDIG  – (vind op uitnodiging plaas volgens die OOS-KAAPSE RANGLYS)

UITENHAGE

Venue: WORD BINNEKORT AANGEKONDIG

Navrae en inskrywings: Elna Botha 082 706 9717 /

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Skryf direk aanlyn in by

www.wowster.co.za en klik op VORMS.

Deelnemers moet soveel moontlik probeer deelneem en so goed moontlik presteer om te kwalifiseer vir die finale glansaand – dit is egter moontlik vir nuwe deelnemers op selfs die heel laaste talentdag nog te kwalifiseer vir die FINAAL. Deelnemers kan ook op enige dorp deelneem en ook by soveel dorpe as wat hulle wil as hulle graag vinniger wil vorder.

DATUMS WORD BINNEKORT AANGEKONDIG

UITENHAGE WOW!-STêR FINAAL - 5 Oktober 2012 (vind op uitnodiging plaas volgens die PLAASLIKE RANGLYS)

OOS-KAAPSE GOUE DROME WOW!-STêR GLANSAAND – (vind op uitnodiging plaas volgens die OOS-KAAPSE RANGLYS)

Wie mag deelneem?

Sangers en musikante van enige ouderdom, taal en kultuurgroep mag deelneem. Die enigste voorwaarde is dat sangers hulle eie bykomende mikrofone moet voorsien indien hulle meer as een gaan benodig of betaal vir die huur van enige bykomende klanktoerusting indien dit deur hulle benodig word. Musikante moet ook hulle eie instrumente voorsien – geen instrumente sal deur GOUE DROME WOW!-STêR voorsien word nie, en hulle moet vooraf eers bepaal of daar bykomende klanktoerusting benodig sal word en vir die koste daarvan instaan.

Groepe is welkom om deel te neem, maar dit mag nie uit meer as 5 lede bestaan nie – dit word weer eens beklemtoon dat lede dan self verantwoordelik is vir bykomende klanktoerusting.

Kategorie-indelings

Voorlopige kategorie-indelings is soos hieronder uiteengesit (indelings vind plaas volgens die ouderdom van die deelnemer op die datum van die betrokke talentvertoning – ‘n bewys van geboortedatum moet asseblief saam met die eerste inskrywingsvorm vir die jaar ingedien word).

Die kategorie-indelings vir instrumentaal en vokaal is dieselfde, maar mag ter enige tyd gewysig word sonder vooraf kennisgewing om alle deelnemers op die beste moontlike wyse te akkommodeer. By instrumentaal sal, afhangende van die aantal inskrywings wat ontvang word, ook na standaard gekyk word om kategorie-indelings so regverdig moontlik te maak.

    1. Kleuters : 0 tot 6 jaar oud

    2. Juniors : 7 tot 11 jaar oud

    3. Tieners : 12 tot 18 jaar oud

    4. Seniors : 19 tot 25 jaar oud

    5. Volwassenes : 26 tot 40 jaar oud

    6. Senior Volw. : Ouer as 40 jaar

    7. Groepe

    8. SKEP-’N-LIEDJIE KATEGORIE: Enige deelnemer wat reeds in ‘n ander afdeling deelgeneem het kan in hierdie afdeling ‘n OORSPRONKLIKE werk voordra – aangesien die deelnemer dan reeds geregistreer is vir ‘n ander kategorie is dit nie nodig om bykomende registrasiefooie hiervoor te betaal nie. ‘n Deelnemer wat egter nie in ‘n ander kategorie wil optree nie en slegs in die SKEP-’N-LIEDJIE KATEGORIE moet steeds die voorgeskrewe inskrywingsfooi betaal. Die wenner asook die naaswenner van hierdie kategorie sal ook die geleentheid kry om aan die WOW!-rondte deel te neem.

    9. WOW!-rondte: Slegs vir wenners van die onderskeie kategorieë deur die loop van die dag asook die naaswenner in die SKEP-’N-LIEDJIE KATEGORIE. Hierdie wenners neem teen mekaar deel in die WOW!-rondte wat net voor die einde van die vertoning plaasvind. Deelnemers moet deur die betrokke dag deelneem om vir die WOW!-rondte op dieselfde aand te kwalifiseer. Wenners van die kategorieë word deur die loop van die aandprogram aangekondig. Wenners wat teenwoordig is, sal dan die geleentheid gebied word om in die WOW!-rondte op te tree. Indien die wenner nie teenwoordig is nie, sal die persoon wat die naaswenner is die geleentheid kry om op te tree, ens. Die algehele wenner van die dag staan bekend as die MINI WOW!-STêR.

    10. WOW!-Plus – Hierdie is ‘n prestige-rondte vir gevorderde deelnemers. Deelnemers wat reeds lankal aan die WOW!-STêR deelneem en/of aan sekere voorwaardes voldoen, neem aan hierdie rondte deel. WOW!-PLUS status word slegs aan enkele deelnemers toegeken en deelnemers kan slegs daarvoor inskryf as hulle vooraf deur GOUE DROME WOW!-PLUS status toegeken is. Deelnemers aan hierdie kategorie word ook beoordeel, maar die beoordelaars se kommentaar word nie verbaal bekendgemaak nie. Deelnemers kan dit egter later op hierdie webblad lees.

By die OOS-KAAP GOUE DROME WOW!-STêR FINAAL (nadere besonderhede hieroor elders in hierdie dokument) en die WOW!-STêR DORP FINALE word geen kategorie-indelings gedoen nie – ons beleid is dat dit ‘n tipiese situasie is waar deelnemers hulleself kan toets aan enige ander deelnemers in die mark – dus word ‘n gesimuleerde marksituasie geskep waar elkeen, ongeag ouderdom, en ook ongeag die tipe talent (vokaal of instrumentaal) moet meeding vir die beste moontlike posisie. Dieselfde geld ook vir kategorie-wenners wat aan die WOW!-rondte (sien hieronder) deelneem. Dit is tog immers so dat kunstenaars uiteindelik in die mark nie in kategorieë ingedeel word nie – hulle moet kompeteer met al die ander kunstenaars in die wêreld daarbuite.

WOW!-rondte

By elke talentdag (uitgesluit die finale glansaand) word ‘n finale rondte gehou wat bekendstaan as die WOW!-rondte.

Hier word die volgende kunstenaars die geleentheid gegee om deel te neem aan ‘n finale uitsing om die wenners van die pryse te bepaal (geen kategorie-indelings is hier betrokke nie – dus ‘n voorbereiding vir die finale glansaand waar dieselfde situasie geld):

Die wenners van elke kategorie (asook die naaswenner in die SKEP-’N-LIEDJIE KATEGORIE) op die gewone talentdae (dus die glansaand uitgesluit) dring deur na die WOW!-rondte waar geen beperking is op die ouderdom nie en waar ‘n algehele wenner vir die betrokke talentaand aangewys sal word. Indien min inskrywings ontvang word, kan die organiseerders besluit om meer plekke by elke kategorie ook te laat deurdring na die finale rondte.

Diegene wat een of meer kere die WOW!-rondte gewen het en dus die dag se MINI WOW!-STêR is, sal nie weer aan ‘n kategorie deelneem nie OP VOORWAARDE DAT HULLE NIE ‘N ENKELE TALENTDAG MISLOOP NIE en hulle sal dus by elke talentvertoning vir die betrokke dorp/stad waar hulle aanvanklik gekwalifiseer het, direk kan deelneem aan die WOW!-rondte. Dit word vereis dat die deelnemer nie weer dieselfde liedjie of musikale werk in die WOW!-rondte voordra as wat in die gewone kategorie gebruik is nie.

WOW!-PLUS

Deelnemers wat meen dat hulle prestasievlak sodanig is dat hulle nie meer baat vind by deelname aan die gewone kategorieë nie, kan direk inskryf vir die WOW!-Plus rondte. Hierdie aansoek word aan die WOW!-STêR HOOFKANTOOR voorgelê wat besluit of die kandidaat van WOW!-PLUS standaard is.

Kandidate moet die volgende in ag neem voordat hulle aansoek doen en volledig hieroor rapporteer in hulle aansoeke:

  1. n Tipiese WOW!-PLUS deelnemer is byvoorbeeld ‘n vorige ALGEHELE WOW!-STêR wenner (by die OOS-KAAP FINAAL) wat tegelyk ook baie ervaring by WOW!-STêR opgedoen het.

  2. ‘n Tipiese WOW!-PLUS deelnemer het geen probleem om met gemak ‘n kategorie te wen en telkens aan die WOW!-RONDTE deel te neem nie.

  3. ‘n Tipiese WOW!-PLUS deelnemer kry dit reg om keer op keer uitstekende werk te lewer ten opsigte van al die aspekte wat beoordeel word en beoordelaars vind dit moeilik om nuwe raad te gee. Raad is dus gewoonlik gebaseer op die betrokke item en nie juis meer op die ontwikkeling van die deelnemer nie.

  4. n Tipiese WOW!-PLUS deelnemer is baie sterk gefokus op die skep van oorspronklike werk. Die WOW!-PLUS deelnemer word egter steeds aangemoedig om nuwe oorspronklike werk in die SKEP-‘N-LIEDJIE kategorie in te skryf en later in die WOW!-PLUS te gebruik.

  5. n Tipiese WOW!-PLUS deelnemer se kostuums, choreografie en algemene voordrag is ‘n absolute voorbeeld vir ander WOW!-STêR deelnemers en deelname moet voorwaar op die hoogste vlak wees.

  6. ‘n WOW!-PLUS deelnemer kan hierdie status verloor indien ‘n minderwaardige item voorgedra word. Aldrie die beoordelaars moet ten gunste wees hiervan voordat dit goedgekeur kan word. Dit is belangrik dat beoordelaars die deelnemer inlig as hulle meen dat hulle standaard besig is om te verswak.

Watter taal?

Die taal waarin ‘n liedjie gesing word is nie van belang nie. Alle liedjies sal op dieselfde grondslag beoordeel word. Indien jy egter vermoed dat die beoordelaars nie die taal van die liedjie sal verstaan nie, is dit goeie praktyk om saam met jou inskrywingsvorm ‘n verduideliking / vertaling te stuur sodat hulle dit wel sal kan volg.

Watter liedjie mag ek sing?

Elke deelnemer moet twee liedjies voorberei vir ‘n optrede. Die eerste liedjie sal die inskrywing in die gewone kategorie wees en indien die deelnemer deurdring na die WOW!-RONDTE moet die tweede liedjie gesing word. Die liedjies moet aan die volgende voldoen:

Jy mag enige liedjie sing, maar die volgende moet onthou word:

  1. Jy mag nie dieselfde liedjies as ‘n ander deelnemer sing op dieselfde talentdag nie. Die deelnemer se inskrywing wat heel eerste ontvang word mag dan die liedjies sing en die ander deelnemer(s) wat ook dieselfde liedjies wou sing, moet ander liedjies sing. Deelnemers sal binne 48 uur vanaf ontvangs van hulle aansoek ingelig word as hulle keuse van ‘n liedjie reeds deur iemand anders gesing word.

  1. Deelnemers mag in die gewone kategorieë nie dieselfde liedjie meer as een keer in dieselfde jaar sing nie (uitgesluit die dorp finale en ook die Oos-Kaapse Finaal, waar enige liedjie weer gesing kan word). Hierdie reëling geld nie vir die SKEP-’N-LIEDJIE KATEGORIE nie, ‘n deelnemer mag sy oorspronklike liedjie by twee geleenthede in die SKEP-‘N-LIEDJIE kategorie sing per jaar. ‘n Oorspronklike liedjie mag wel enige aantal kere in ‘n gewone kategorie of WOW!-RONDTE gesing word. Oorspronklike liedjies wat in gewone kategorieë en die WOW!-rondte gesing word, word beloon met ‘n 1% bonuspunt by die deelnemer se puntetotaal.

Groepe

Groepe van tot maksimum 5 lede mag ook deelneem. Duette word ook as groepe beskou. Indien jy as solokunstenaar wil optree maar ook groepwerk wil doen saam met ‘n ander persoon of persone, moet die groep ook apart inskryf vir ‘n talentvertoning. Groepe wat van instrumente gebruik maak of meer as een mikrofoon benodig, moet self die bykomende instrumente en klanktoerusting voorsien of indien GOUE DROME WOW!-STêR dit voorsien, moet die deelnemers self daarvoor betaal. GOUE DROME WOW!-STêR behou die reg voor om ‘n item af te keur sonder terugbetaling van die inskrywingsfooi indien die standaard van die klank wat deur die deelnemers voorsien word, onaanvaarbaar is.

Vorige wenners

Omdat die WOW!-STêR-reeks van talentdae in wese oor ontwikkeling van talent gaan, is dit ons mening dat ontwikkeling nie staak wanneer jy ‘n wenner is nie. Daarom glo ons dat alle vorige wenners weer welkom is om deel te neem aan enige opeenvolgende reekse. Dit kan egter wees dat voormalige wenners gekeur word vir deelname aan die WOW!-PLUS rondte – aansoek kan daarvoor gedoen word, maar maak eers seker oor die toelatingsvereistes soos elders in hierdie dokument uiteengesit. Deelnemers wat nog nie gewen het nie, word op hierdie wyse ook die geleentheid gebied om harder te werk en hulle bes te probeer om hulle standaard sodanig te verhoog dat hulle wel vorige wenners kan uitstof. Onthou ook dat ‘n suksesvolle loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf nie noodwendig voorafgegaan word deur die wen van kompetisies nie – talle kunstenaars in die bedryf wat nog nooit ‘n kompetisie gewen het nie, tree gereeld op en word selfs nasionale en internasionale stêrre.

Deelnemers wat 18 jaar en ouer is, word aangemoedig om die Beoordelaarskursus te deurloop op ‘n stadium wat hulle meen hulle reeds genoeg ervaring opgedoen het om dit suksesvol te doen.

Sluitingsdatums

Om deel te neem aan die talentdae moet ‘n inskrywingsvorm ingevul word en die inskrywingsfooi betaal word. Die sluitingsdatum vir inskrywings om aan ‘n betrokke talentdag deel te neem is 14 dae voor elke talentdag. Die invul van die INSKRYWINGSVORM is NET GELDIG VIR EEN SPESIFIEKE TALENTDAG en aansoek moet daarvoor gedoen word ENIGE TYD VOOR DIE TALENTDAG, MAAR OP DIE LAATSTE VEERTIEN DAE VOOR ELKE TALENTDAG SODAT DIE DEELNEMER SE PLEK IN DIE PROGRAM BESPREEK KAN WORD (SIEN DIE AMPTELIKE SLUITINGSDATUMS ELDERS IN HIERDIE DOKUMENT)!! LAAT INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD MAAR TEEN VEEL HOëR INSKRWYINGSFOOIE, OP VOORWAARDE DAT DAAR NOG PLEK BESKIKBAAR IS.

Inskrywingsfooi

INSKRYWINGSFOOIE is soos volg:

Slegs R150 inskrywingsfooi (Of R200 indien die inskrywing laat ontvang word en indien daar nog plek is) per inskrywing vir ‘n solo-item. Vir groepe is dit R50 (laatfooi: R75) per bykomende lid ekstra (‘n groep van vier sal die inskrywingsfooi van R150 plus 3 X R50 = totaal van R300 betaal of ‘n duet sal byvoorbeeld R200 betaal.

Inskrywingsfooie is betaalbaar ten opsigte van elke talentdag en geld net vir een item wat gelewer word (behalwe dat oorspronklike liedjies in die SKEP-’N-LIEDJIE KATEGORIE gesing kan word teen geen ekstra inskrywingsfooi nie – slegs een liedjie per deelnemer wat vir ‘n ander kategorie ingeskryf het). Inskrywingsfooie is ook betaalbaar vir die FINAAL. Kategoriewenners wat deurgaan na die WOW!-rondte op dieselfde dag, betaal nie weer vir deelname aan die betrokke dag se WOW!-rondte nie.

Inskrywingsfooie is nie terugbetaalbaar of oordraagbaar na ‘n ander talentdag onder enige omstandighede nie, tensy die organiseerders die betrokke talentdag in geheel kanselleer. Bewys van betaling van die inskrywingsfooie moet saam met elke inskrywingsvorm ingedien word.

Inskrywingsfooie kan by die volgende bankrekening inbetaal word:

Bank

ABSA

Rekeningnaam

SJ Botha

Tak

Newton Park

Takkode

632005

Rekeningnommer

9075316100

Verwysing

WS/”Jou naam”/Talentdagdatum

Bedrag

Soos hierbo uiteengesit

 

Talentdagprogramme

Slegs opbetaalde en goedgekeurde deelnemers wat hulle talentdag-inskrywingsvorms minstens veertien dae voor die talentdag ingedien het, sal by die talentdag-programme ingesluit word, tensy daar te veel deelnemers is en vooraf oudisies vir uitdunne gehou moet word. Deelnemers sal betyds hieromtrent ingelig word. Laat inskrywings, indien goedgekeur, sal waarskynlik nie op die programme wees nie, maar daar sal spesiale voorsiening gemaak word om hulle name aan te kondig voordat elke kategorie begin.

Toegangsfooie

Behoorlik opbetaalde deelnemers (DIT WORD GEWOONLIK PER E-POS BEVESTIG) betaal nie toegangsfooie tot die talentaande nie. ‘n Lys van opbetaalde deelnemers sal by die kaartjieverkooppunt wees waar die deelnemer se gratis toegangskaartjie bekom kan word. GOUE DROME WOW!-STêR neem nie verantwoordelikheid om vir deelnemers sitplekke te reserveer nie. Dit is elke deelnemer se plig om self te sorg dat sy/haar gratis toegangskaartjie vooraf by die kaartjieverkooppunt afgehaal word. As die deelnemer dus nie ‘n sitplek het om op te sit nie, is dit net hy/sy self wat daarvoor geblameer kan word.

Toegangsfooie vir die publiek is R50 per persoon – geen krediet word toegestaan ten opsigte van persone wat net ‘n gedeelte van die vertoning wil bywoon nie. Die volgende goedkoper opsies is beskikbaar:

1 – 4 kaartjies: R50 per persoon (geen afslag)

5 – 10 kaartjies: R40 per persoon (indien op een slag deur een persoon

aangekoop word)

Meer as 10 kaartjies: R30 per persoon (indien op een slag deur een persoon

aangekoop word)

Pryse

Die volgende pryse sal toegeken word by talentvertonings op die onderskeie dorpe (PRYSE KAN TER ENIGE TYD TERUGGETREK OF GEWYSIG WORD SOOS WAT OMSTANDIGHEDE DIKTEER – INDIEN DIE GELEENTHEDE BAIE GOED ONDERSTEUN WORD KAN DIE PRYSGELDE VERHOOG WORD):

Kategorieë: Sertifikate word uitgereik aan alle eerste, tweede en derde plekke.

MINI WOW!-STêR (Wenner van die WOW!-rondte op ‘n talentaand):

WISSELTROFEE

Tweede plek (WOW!-rondte):

WISSELTROFEE

Derde plek (WOW!-rondte):

WISSELTROFEE

Pryse vir die gehoor:

Die gehoor sal gedurende stemmings (wat per selfoon plaasvind) kan pryse wen as hulle selnommer getrek word uit die lys van persone wat daardie aand per selfoon deelgeneem het.

Die volgende pryse sal toegeken word by die OOS-KAAP GOUE DROME WOW!-STêR FINAAL:

Beste kunstenaar - Goud:

ELNA BOTHA WISSELTROFEE VIR BESTE KUNSTENAAR (GOUD).

ILOREEZ GOOSEN SANGAKADEMIE – een jaar sangonderrig

GOUE DROME WEBBLAD – een jaar blootstelling op hierdie webblad

Beste kunstenaar - Silwer:

HELLEN SCRIVEN WISSELTROFEE VIR DIE BESTE KUNSTENAAR (SILWER).

Beste kunstenaar -Brons:

FRANCOIS BEETS WISSELTROFEE VIR DIE BESTE KUNSTENAAR (BRONS)

Beste liedjie - Goud:

SAREL BOTHA WISSELTROFEE VIR DIE BESTE LIEDJIE (GOUD)

BEAU DE MAISON GASTEHUIS – naweekverblyf vir twee

ILOREEZ GOOSEN SANGAKADEMIE – een jaar sangonderrig

GOUE DROME WEBBLAD – een jaar blootstelling op hierdie webblad

Beste liedjie - Silwer:

DESMOND SCRIVEN WISSELTROFEE VIR DIE BESTE OORSPRONKLIKE LIEDJIE (SILWER).

Beste liedjie -Brons:

ELIZMA BEETS WISSELTROFEE VIR DIE BESTE LIEDJIE (BRONS)

Mees belowende kunstenaar:

JACQUES ARENDT WISSELTROFEE VIR DIE MEES BELOWENDE KUNSTENAAR.

Beste vordering:

Die ILOREEZ MEYER wisseltrofee vir die BESTE VORDERING word toegeken aan die kunstenaar wat deur die jaar volhard het en goed gevorder het, alhoewel hy/sy/hulle nie noodwendig daarin kon slaag om van die top pryse te verower nie. Die tipiese wenner van hierdie trofee sal iemand wees wat maand-vir-maand terugkom om deel te neem, luister na die raad wat gegee word en telkens verbeter – iemand met inspirerende deursettingsvermoë. Die hoofbeoordelaars van die WOW!-STêR reeks van elke dorp in samewerking met GOUE DROME besluit oor hierdie toekenning na afloop van die laaste talentaand van die jaar. Elke dorp-organiseerder mag drie nominasies doen en dit ten volle motiveer. Die nominasies moet voor of op 15 November van elke jaar ingedien word.

Pryse vir die gehoor:

Die gehoor sal gedurende stemmings (wat per selfoon plaasvind) soms pryse kan wen vir deelname aan die stemming.

Aantal deelnemers per talentdag en uitdunrondtes (indien nodig)

Die aantal deelnemers per talentdag kan beperk word om dit prakties uitvoerbaar te maak. Voornemende deelnemers wat nie voor die bostaande sluitingsdatums ingeskryf het nie, sal nie toegelaat word om deel te neem as daar nie voldoende plek beskikbaar is nie, SELFS AL HET HULLE REEDS VOORHEEN DEELGENEEM!

Indien heeltemal te veel inskrywings (teen die sluitingsdatum) ontvang word om in een program in te sluit sal die volgende reëlings getref word:

n Uitdunrondte sal voor die aanvang van die talentdag gereël word.

Ons wil graag aan elke deelnemer goeie advies gee na sy/haar/hulle optrede waar daar verbeter kan word. Dit is belangrik om kennis te neem dat daar by die uitdunrondte ook kommentaar gelewer sal word sodat die kunstenaar weet in watter opsigte verbeter kan word. Die deelnemers aan die uitdunrondtes verdien ook punte wat in aanmerking kom vir die maandelikse ranglys – dus is ‘n uitdunrondte ook baie belangrik.

Die feit dat iemand wat aan die uitdunrondte deelgeneem het en dalk nie deurgedring het om deel te neem aan die talentvertoning nie, aangeraai word om die WOW!-STêR-dag in elk geval by te woon, is om so ‘n kunstenaar sodoende die geleentheid te gee om te luister na die talent wat wel deurgedring het en ook te luister na die kommentaar wat deur die beoordelaars aan die deelnemers gegee word. Dit is deel van die leerproses om kunstenaars bewus te maak hoe hulle nog kan verbeter. Dit is alles een groot sang-, choreografie en musiekles! Die waarde hiervan is onskatbaar!

Indiening van INSKRYWINGSVORMS

Inskrywings moet aanlyn op hierdie webblad gedoen word. Dit is die deelnemer se verantwoordelikheid om toe te sien dat die inskrywingsvorms vir elke talentdag betyds teen die onderskeie sluitingsdatums deur die organiseerders ontvang word. U MOET ASSEBLIEF SEKER MAAK DAT U INSKRYWINGS BETYDS ONTVANG WORD DEUR BEVESTIGING DAARVAN TE VERKRY BY ELNA BOTHA, Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 082 706 9717. Besoek www.gouedrome.co.za, klik op dorpe, dan op die dorpnaam, dan op vorms en vul die vorm in.

Platemaatskappye

Enigeen wat nie formeel deur ‘n platemaatskappy ondersteun word nie, mag deelneem. Die WOW!-PLUS rondte is egter oop vir almal – geen beperkings hoegenaamd nie, behalwe dat die deelnemer deur GOUE DROME gekeur moet word nie (sien vereistes vir die WOW!-PLUS rondte elders in hierdie dokument).

Watter liedjies en hoeveel mag gesing word?

Enige liedjie mag gesing word, mits die inhoud daarvan nie vulgêre of aanstootlike of swak taalgebruik uitbeeld nie. Die liedjie mag van enige genré wees en in enige taal gesing word. Deelnemers mag egter geen liedjies in dieselfde kalenderjaar herhaal wanneer hulle aan talentvertonings deelneem nie. Dit word egter toegelaat dat ‘n deelnemer wat aan die die finaal deelneem wel enige liedjie kan sing wat hy/sy/hulle deur die loop van die jaar by talentvertonings gesing het.

Die lengte van die liedjie wat gesing word mag nie 4 minute oorskry nie, maar moet verkieslik korter as 3 minute wees. Instrumentale werke moet ook beperk word tot maksimum 4 minute.

Wanneer die deelnemer ‘n begeleidingsnit op CD gebruik as begeleiding, mag geen hoofstem met melodielyn daarop wees nie.

Klanktoerusting

n Klankstelsel, mikrofoon, skootrekenaar en CD-speler sal beskikbaar wees – indien die deelnemer enige verdere klankbehoeftes het, dui asseblief sodanig aan op die inskrywingvorm en/of skakel asseblief vir Elna by 082 706 9717 – neem asseblief in ag dat bykomende klank slegs voorsien kan word vir die koste van deelnemer, maar doen gerus eers vooraf daaroor navraag omdat ons werklik uit ons pad sal gaan om te help.

Beoordeling en gehoor se deelname aan stemming

Beoordelaars sal aangewys word en hulle punte sal 75% van die deelnemer se totale punt tel. Wat belangrik is, is dat die beoordelaars aan die deelnemers raad sal voorsien wat hulle ter harte kan neem in hulle ontwikkelingsproses. Dit is ook noodsaaklik dat deelnemers luister na die raad wat aan ander deelnemers gegee word en ook daaruit leer. Die gehoor wat teenwoordig is, sal met hulle selfone kan stem en hulle punte sal 25% van die totale punt van die deelnemer tel. Deelnemers wat bewys kan lewer dat die werk wat hulle sing 100% oorspronklik is en dus deur hulleself of spesifiek vir hulleself geskryf is, kry outomaties ‘n 1% bonuspunt by hulle puntetotaal.

Die uitslag is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Die lede van die gehoor wat met behulp van hulle selfone stem, word verplig om vir drie deelnemers van hulle keuse te stem in volgorde van voorkeur. Dit, tesame met ‘n deeglik oorweegde puntegewig aan elke stem, neutraliseer hoofsaaklik die effek van onregmatige oormatige stemme vir een betrokke deelnemer en die beoordelaars se 75% bydrae is die finale neutraliserende faktor.

Uitstel van kompetisie

Die kompetisie mag op kort kennisgewing deur die organiseerders gekanselleer of uitgestel word indien omstandighede dit vereis.

Die GOUE DROME WOW!STêR glansaand

Deelnemers aan die GOUE DROME WOW!-STêR FINAAL vind op uitnodiging plaas. Die uitnodigings word bepaal volgens ‘n ranglys wat soos volg werk:

Deelnemers verdien punte volgens die nagenoemde indelings:

Vir deelname aan ‘n uitdunrondte, en nie deurgedring tot enige kategorie nie – 1 punt

  • Vir deelname aan ‘n kategorie by ‘n talentdag – 2 punte

  • Vir ‘n tweede plek in enige kategorie – 0,5 punte ekstra

  • Vir ‘n derde plek in enige kategorie – 0,4 punte ekstra

  • Vir ‘n vierde plek in enige kategorie – 0,3 punte ekstra

  • Vir ‘n vyfde plek in enige kategorie – 0,2 punte ekstra

  • Vir ‘n sesde plek in enige kategorie – 0,1 punte ekstra

  • Vir ‘n sewende plek in enige kategorie – 0,09 punte ekstra

  • Vir ‘n agste plek in enige kategorie – 0,08 punte ekstra

  • Vir ‘n negende plek in enige kategorie – 0,07 punte ekstra

  • Vir ‘n tiende plek in enige kategorie – 0,06 punte ekstra

  • Vir deelname aan die WOW!-rondte – 3 punte

  • Vir eerste plek (MINI WOW!-STêR) in WOW!-rondte – 1 punt ekstra

  • Vir tweede plek in WOW!-rondte – 0,9 punte ekstra

  • Vir derde plek in WOW!-rondte – 0,8 punte ekstra

  • Vir vierde plek in WOW!-rondte – 0,7 punte ekstra

  • Vir vyfde plek in WOW!-rondte – 0,6 punte ekstra

  • Vir sesde plek in WOW!-rondte – 0,5 punte ekstra

  • Vir sewende plek in WOW!-rondte – 0,4 punte ekstra

  • Vir agste plek in WOW!-rondte – 0,3 punte ekstra

  • Vir negende plek in WOW!-rondte – 0,2 punte ekstra

  • Vir tiende plek in WOW!-rondte – 0,1 punte ekstra

  • Vir elfde plek in WOW!-rondte – 0,09 punte ekstra

  • Vir twaalfde plek in WOW!-rondte – 0,08 punte ekstra

Dit is dus van die uiterste belang dat elke kunstenaar soveel moontlik deelneem om te verseker dat hy/sy/hulle op die finale ranglys beland. Dit het al in die verlede gebeur dat deelnemers wat nie op die finale ranglys is nie, ‘n buitekans kry om in te kom omdat ander deelnemers onttrek weens gesondheids- of ander redes en dan baie, baie goed presteer op daardie aand.

Deelnemers wat by meer as een dorp/stad deelneem sal vir elke dorp of stad ‘n aparte ranglyspunt verdien, byvoorbeeld PIET PIETERSE (JEFFREYSBAAI) en PIET PIETERSE (PORT ELIZABETH) en kan dus meer as een keer op die ranglys verskyn en uiteindelik meer kanse verdien om die finale ranglys te haal.

Slegs 20 deelnemers in die gewone kategorie en 10 deelnemers in die SKEP-’N-LIEDJIE KATEGORIE word gekeur vir die WOW!-STêR-glansaand, en indien enige onttrekkings plaasvind word die eersvolgende kunstenaars volgens die finale ranglys die geleentheid gebied om deel van die finale 20 deelnemers te wees. GOUE DROME behou die reg voor om meer as 20 deelnemers op die finale ranglys te plaas. GOUE DROME sal ook gereeld deur die loop van die jaar ‘n volledige ranglys op hierdie webblad aankondig sodat die meeste deelnemers kan sien waar hulle geplaas is, maar slegs die TOP 20 GEWONE en TOP 10 SKEP-‘N-LIEDJIE deelnemers sal aan die WOW!-STêR FINAAL deelneem.

Deelnemers MOET betyds aansoek doen

Alle deelnemers moet betyds aansoek doen vir elke talentdag anders sal hulle, ondanks die feit dat hulle moontlik reeds voorheen deelgeneem het, nie toegelaat word om aan die betrokke talentdag waarvoor hulle te laat ingeskryf het, deel te neem nie – tensy daar nog plek beskikbaar is en hulle dan ‘n hoër inskrywingsfooi betaal.

Is dit die moeite werd om later in die jaar in te skryf (as jy eers later bewus word van hierdie projek)?

Beslis, ja! Hoekom?

  1. Die vernaamste doel van die talentvertonings is om jou as kunstenaar te ontwikkel. Dit moet ook jou belangrikste rede wees hoekom jy deelneem. Sodra jy begin deelneem sal jou ontwikkeling ‘n hupstoot kry.

  1. As jy ‘n kategorie wen en ‘n kans kry om aan die WOW!-rondte deel te neem en jy vaar goed in hierdie rondte, skiet jou ranglyspunte vinniger op en kan jy hierdeur kwalifiseer vir die FINAAL. En as jy daarin kan slaag om die WOW!-rondte te wen (en jy neem daarna sonder uitsondering aan elke talentdag deel), is jy outomaties op die finale ranglys vir die WOW!-STêR FINAAL.

  1. As jy nie 'n kategorie wen nie, en die wenner daag nie op vir die WOW!-rondte nie, het jy nog steeds 'n kans om deur te gaan na die WOW!-rondte toe.

  1. Selfs al haal jy nie die lys van 20 finaliste nie, kan jy op die reserwelys beland, wat jou ‘n buiteperd kans sal gee om in te kom as een of meer van die finaliste weens onvoorsiene omstandighede moet onttrek.

  1. As jy later in die jaar begin deelneem kan jy dit ook sien as voorbereiding om die volgende jaar met meer vertroue en beter toegerus deel te neem. Dit sal veel beter wees as wat jy die nuwe jaar splinternuut moet begin.

Bemarking van deelnemers

Deelnemers mag hulle persoonlike bemarkingsmateriaal uitstal en hulle eie albums te koop aanbied by WOW!-STêR-vertonings, maar omdat spasie beperk is en borge se bemarkingsmateriaal prominensie moet geniet, sal die organiseerders (GOUE DROME WOW!-STêR) aandui watter spasie die deelnemer mag benut vir hierdie doel. GOUE DROME WOW!-STêR sal die beste moontlike posisie hiervoor toeken, en deelnemers moet asseblief aanvaar wat ookal die besluit is hieroor is. Deelnemers mag egter nie enige produkte van ander kunstenaars of persone bemark nie en ook nie produkte wat nie direk verband hou met die deelnemer se bemarking as kunstenaar nie.

Deelnemers wat dus bemarkingsmateriaal wil uitstal in enige formaat ookal, moet dit minstens sewe dae voor die tyd laat weet by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en GOUE DROME WOW!-STêR sal besluit of dit paslik is en toegelaat kan word aldan nie.

Geen bemarking van ander projekte mag plaasvind by die GOUE DROME WOW!-STêR vertonings nie, tensy daar ooreengekom is op betaling vir sulke blootstelling of dat daar ‘n borgskapooreenkoms daarvoor bestaan. 

U word ook aangeraai om nie sommer betrokke te raak by enige aanbiedings van persone wat allerhande projekte aanbied en deelnemers wil lok om daarby betrokke te raak nie. Deelnemers moet kennis neem dat nie-GOUE DROME projekte wat deur persone bemark word, as nie-amptelik beskou word en word nie deur ons ondersteun tensy dit uitdruklik deur ons bemark word en deur ons goedgekeur is nie – kontak gerus vir Elna Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of telefoonnommer 082 706 9717 indien u bevestiging verlang. Selfs die insamel van kontakinligting by ons talentvertonings is teen ons reëls en word gladnie toegelaat nie – dit kom neer op die onwettige misbruik van ‘n platform wat deur ons kundigheid en harde werk daar gestel is. Geen persoon mag op die perseel waar ons die talentvertonings aanbied sulke inligting bymekaar maak nie. Projekte wat deur GOUE DROME geïnisieer of ondersteun word, sal beslis openlik deur ons bemark word – ander geleenthede vind nie onder die vlerk van GOUE DROME plaas nie en GOUE DROME neem dus geen verantwoordelikheid daarvoor nie en indien sodanige organiseerders GOUE DROME talentvertonings misbruik ten gunste van hulle eie doelwitte, sal daar beslis teen hulle opgetree word.

Vir die rekord word ook genoem dat kunstenaars wat deur GOUE DROME gekontrakteer is, slegs via GOUE DROME vir optredes bespreek mag word.

GOUE DROME is ten gunste daarvan dat deelnemers ook aan ander kompetisies moet deelneem, want dit is juis dit wat by ons talentvertonings geleer is wat sal help dat hulle goed presteer by ander talentkompetisies, maar in so ‘n geval moet die organiseerder van so ‘n kompetisie oop kaarte met ons speel en die vereiste stappe (volledige skriftelike voorlegging) neem om goedkeuring te verkry vir watter bemarking hulle ookal wil doen. GOUE DROME behou egter steeds die reg voor om bemarking daarvoor by ons talentvertonings af te keur. U kan ook aansoek doen om u talentkompetisie op ons kalender te adverteer teen R50 per talentkompetisie (of as u ‘n behoorlike sigadvertensie wil gebruik, teen R100 per talentkompetisie) – dit is belangrik dat die fooi betaal is ten opsigte van elke dag wat die kompetisie aangebied. ‘n Kompetisie wat dus oor byvoorbeeld vier dae strek sal vier keer soveel kos. Stuur die inligting asseblief aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of skakel Elna Botha by 082 706 9717.

Webblad

Alle deelnemers moet asseblief registreer op die webblad www.wowster.co.za en ondersteuners moet ook aangemoedig word om te registreer.

Gereelde nuus, uitslae, ranglyste, aansluitingsvorms en talentdag inskrywingsvorms kan op hierdie webblad verkry word. Stuur ook u e-posadres aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en versoek dat u die gereelde WOW!-STêR e-nuusbrief wil ontvang – dit is gratis en hou u op datum met alles wat gebeur.

OPSOMMING:

Hoe moet ek maak om alles te onthou en seker te maak dat ek nie enigiets misloop nie?

  1. Die heel eerste stap is om in te skryf en die bewys van betaling van die inskrywingsfooi in te dien. Skryf aanlyn in op hierdie webblad deur op DORPE, die dorp se naam en VORMS te klik. GEEN LAAT INSKRYWINGS SAL GEAKKOMMODEER WORD NIE, TENSY DAAR NOG PLEK BESKIKBAAR IS EN DIE HOëR INSKRYWINGSFOOI BETAAL WORD.

  1. Skryf al die datums in u dagboek neer, sodat u verseker niks sal vergeet nie. Probeer om alles sover moontlik by te woon en deel te neem. Deelname gee vir u punte op die ranglys – u kanse is dus baie beter om gekeur te word vir die OOS-KAAP GOUE DROME WOW!-STêR FINAAL as u meer kere as ander aan die talentdae deelgeneem het. Besoek die webblad gereeld om seker te maak dat u op datum bly met moontlike verandering van datums.

  1. Die feit dat u voorheen deelgeneem het, is nie ‘n inskrywing vir deelname aan enige talentdag nie. Maak seker dat u nie later nie as 14 dae voor elke talentdag (sien bogenoemde sluitingsdatums) moet inskryf vir die betrokke talentdag anders sal u nie kan deelneem nie!!

  1. Onthou dat u vir elke talentdag (behalwe die WOW!-STêR glansaand finaal) twee liedjies/musikale werke MOET voorberei. U mag nie enige spesifieke liedjie/musikale werk wat by ‘n vorige gewone talentvertoning opgevoer is, herhaal in enige betrokke kalenderjaar nie. Indien u egter twee liedjies/musikale werke voorberei het vir ‘n vorige talentdag en u nie die tweede liedjie/musikale werk gebruik het nie omdat u nie deurgedring het na die WOW!-rondte toe nie, kan u die tweede liedjie/musikale werk steeds gebruik. Onthou ook dat as u ‘n oorspronklike liedjie sing, word 1% by u puntetotaal gevoeg wat u ‘n beter posisie in die kategorie waarin u deelneem behoort te gee.

  1. U mag in enige taal sing.

  1. As u met ‘n begeleidingsnit sing of net een instrument bespeel, sal die klanktoerusting voldoende wees – indien daar egter enigiets bykomend is soos meer instrumente ens., tree in verbinding met Elna by 082 706 9717 om seker te maak of daar klanktoerusting sal wees om dit te akkommodeer. Ons sal uit ons pad gaan om u te help, maar as daar enige bykomende koste is sal ons u so gou moontlik inlig sodat u kan besluit oor die werkbaarheid daarvan.

  1. Bring soveel moontlik ondersteuners saam, maar onthou dat u so vroeg moontlik moet kaartjies kry.

  1. Deelnemers wat hulle fooie ten volle op datum betaal het, betaal geen toegangsfooi vir hulleself by gewone talentvertonings nie, en sal hulle toegangskaartjies by die deur kry. ONTHOU: Almal moet betaal vir toegang tot die WOW!-STêR behalwe die deelnemers wat net hulle gewone inskrywingsfooi moet betaal.

  1. Onthou ook dat u ondersteuners vir u kan stem met behulp van hulle selfone – die gehoor se stemme tel 25% van die totale punt van elke deelnemer.

  1. U sal verwittig word daarvan as daar te veel deelnemers is, en ‘n uitdunrondte vooraf gehou moet word.

  1. Hou elke maand hierdie webblad dop om te sien watter posisie u op die ranglys beklee en ook vir nuus oor die talentvertonings. U sal ook u foto en biografie daarop kan sien indien u die besonderhede en foto aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. gestuur het. U kan ook vorige talentdae se beoordeling ten opsigte van uself sien op u profiel op die webblad.

  1. U kan ook gereeld ‘n gratis nuusbrief per e-pos ontvang – maak seker dat u dit ontvang deur ‘n e-pos te stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Luister elke Dinsdagaand om ongeveer 20:00 na die AFRIKAANS FM Goue Drome OOS-KAAPSTêRRE TREFFERSPARADE via die internet by www.afrikaansfm.co.za  om die nuutste Oos-Kaapse liedjies te hoor en die nuutste nuus rondom opkomende talent.

BORGSKAPPE

KONTANT-BORGE:

DIE WOW!-STêR reeks van talentvertonings trek baie aandag in die media en op radio en word wyd bemark. Dit is dus ‘n besliste voordeel om enige besigheid of produk via ‘n borgskap te adverteer. Op hierdie manier dra borge ook by tot die ontwikkeling van Oos-Kaapse talent. Hier is al die inligting wat borge benodig om ‘n ingeligte besluit te neem:

  1. Die reeks van talentvertonings se naam is die GOUE DROME WOW!-STêR kompetisie.

  2. Naamregte om GOUE DROME in die naam van die kompetisie te vervang (bv, PIETERSE BAKKERY WOW!-Stêr kompetisie) is onderhandelbaar vir enige borg wat daarin sou belangstel. Die borgskap moet bereid wees om ‘n groot gedeelte van ons begroting te betaal in ruil vir die groot blootstelling op radio en in die media asook ons webblaaie en e-nuusbriewe.

  3. Die kompetisie sluit musikante (nie net sangers nie) ook in. Soos gewoonlik vind die kompetisie op ‘n sterk ontwikkelingsbasis plaas, met ander woorde ons voorsien bekwame beoordelaars uit die musiekbedryf soos choreograwe, stemafrigters, opname-spesialiste, ens., om die deelnemers van raad te bedien oor hoe hulle kan verbeter en wat die volgende stap in hulle loopbane is.

  4. Talentvertonings vind somtyds op Vrydae OF Saterdae plaas en kategorieë word deur die loop van die dag aangebied.

  5. Die WOW!-rondte vind heel laaste plaas bestaan uit die wenners van die dag se kategorieë wat teen mekaar kompeteer.

  6. Die ander borgskap is logo-blootstelling op ons plakkate en ander advertensie-materiaal (webblad en e-nuusbriewe ingesluit) teen vooraf ooreengekome tariewe. Hierdie borgskap kan uitgebrei word deur ‘n skakel van ons webblad na u webblad aan u logo te koppel teen ‘n bykomende bedrag. Laasgenoemde opsie is net beskikbaar vir bestaande borge.

  7. Ons probeer ook aktiwiteit op die webblad vergroot deur van elke deelnemer ‘n foto en biografie te plaas sodat mense (wat in plaaslike talent se optredes by hulle geleenthede belangstel) hulle ook kan bespreek vir optredes. Dus sal daar heelwat meer blootstelling deur webblad-verkeer vir adverteerders wees.

  8. Die laaste moontlike borgopsie kan wees waar firmas of indiwidue ‘n minder bevoorregte deelnemer borg om deel te wees van die kompetisie.

Soortgelyke talentvertonings word ook in Graaff-Reinet, Kirkwood, Jeffreysbaai en Uitenhage aangebied.

Ons is buigbaar wat borgskap-opsies aanbetref en dit kan dus verwag word dat daar veranderings aangebring word met die verloop van tyd. Ons is ook oop vir voorstelle van potensiële borge.

AFRIKAANS FM, GOUE DROME PROMOSIES en die ILOREEZ GOOSEN SANGAKADEMIE is reeds betrokke.