GOUE DROME
 
Jou musiek ... ons passie!



Carina Renz
Chandré
Chandré

Gouwsie

Jerome Alden 

John Perkins 

Kaalvoetklong 

Marinus van Rooyen

Oor Ons

Goue Drome Promosies is 'n geregistreerde BK wat behoort aan Elna Botha wat 'n groot voorliefde het vir die ontwikkeling van Afrikaanse musiek en veral plaaslike talent. Elna word op deeltydse basis bygestaan deur haar man, Sarel Botha, en hulle kinders André & Elsie van Eck en Johan Botha. 'n Huisvriend, Ray Diesel, help ook met hart en siel om alle projekte te laat slaag.

Hier is 'n onlangse foto van die Goue Drome span saam met Tommy Dell:

 

Voor: Johan Botha

Middel: Elsie van Eck, Elna Botha, Tommy Dell & Blommie, Ray Diesel

Agter: André van Eck, Sarel Botha 

Goue Drome en  BAY FM 107.9

Goue Drome is baie bevoorreg om met BAY FM 107.9, die beste radiostasie in Port Elizabeth en omgewing, betrokke te wees.

Die afgelope paar jaar al is GOUE DROME sinoniem met die BAY FM BURGEROPSKOP en doen 'n groot gedeelte van die reëlings rondom hierdie groot jaarlikse een dag fees.

BAY FM en GOUE DROME werk hand-aan-hand om geleenthede vir Oos-Kaapse talent te bewerkstellig en te verseker dat die skep en opvoer asook opneem van nuwe liedjies in hierdie provinsie 'n prioriteit bly.

Daarom is daar die TOP 5 Local Klanke wat elke Saterdag om 09:45 op BAY FM 107.9 uitgesaai word.

BAY FM en GOUE DROME werk ook saam met die GOUE DROME projek, WOW!-STêR, 'n reeks talentvertonings wat ten doel het om te fokus op die ontwikkeling van nuwe talent in veral die Oos-Kaap.

BAY FM se webblad is www.bayfm.co.za. Die stasie kan ook via die internet geluister word.

Die TOP 5 Local is beskikbaar op hierdie webblad - klik hier!

Die WOW!-STêR reeks van talentvertonings is uniek en meer kan daaroor gelees word by www.wowster.co.za.