GOUE DROME
 
Jou musiek ... ons passie!



Carina Renz
Chandré
Chandré

Gouwsie

Jerome Alden 

John Perkins 

Kaalvoetklong 

Marinus van Rooyen

 

WYNAND WINDPOMP

ONTKEN VERKRAGTING


Wynand Burger, oftewel Wynand Windpomp, ‘n bekende en geliefde sanger, promotor en liedjieskrywer in veral Afrikaanse musiek-kringe is gedurende die afgelope KKNK aangekla van ‘n beweerde verkragting. Wynand het by verskeie geleenthede in die verlede baie moeite gedoen om ondersteuning en geleenthede vir GOUE DROME se   kunstenaars by die KKNK bewerk en is daarom baie bekend in hierdie kring.

 

Die regsspan wat namens Wynand die saak hanteer is DU PLESSIS (BOLAND) INC [Belville].

 

Die regsspan het die volgende verklaring namens Wynand uitgereik:

 

Dit is tans alombekend dat mnr Burger aangekla word van ‘n beweerde verkragting van ‘n vrou van 24 jaar oud tydens die KKNK gehou te Oudshoorn April 2010.


Ons plaas hiermee op rekord dat mnr  Burger ten sterkste die aanklag teen hom ontken en onomwonde stel dat die aantyging van verkragting van alle 
waarheid ontbloot is. Aangesien die saak tans sub iudice is, is dit dus nie moontlik om meer besonderhede te verskaf nie en versoek ons u begrip in die verband.

Ons wil dit egter op die publiek en die  aanhangers van mnr Burger se harte druk dat ons klient ‘n voorstander is van vroueregte asook die regte van gestremdes. Mnr Burger het in die verlede, en tans steeds, fondse ingesamel vir die bewusmaking van Doofheid as gestremdheid. Hy het spesifiek betrokke geraak by Doofheid as gestremdheid na aanleding van ‘n berig wat onder sy aandag gebring was aangaande ‘n dowe jong dametjie wat in 2006 verkrag was. Hierdie Germistonse dame se saak is ook later uit die hof gegooi weens ‘n gebrek aan ‘n gebaretaaltolk. (Verwys hier ‘n berig in die Burger 30 Julie 2009).


Hy skenk tans steeds ‘n groot gedeelte van sy inkomste uit sy nuwe CD “Gedagtes” aan die Omgeevroue vir Dowes, ‘n projek van Act of Grace (www.actofgrace.org.za) wie hul beywer vir die bewusmaking van en ondersteuning vir die gestremdheid Doofheid. Op genoemde CD verskyn ‘n snit, “Ek wil jou hoor” wat deur ons klient getoonset is en waarvan die tantieme deur die skrywer en ons klient aan hierdie instansie geskenk word. Hierdie temalied van die Nasionale Instituut vir Dowes is gebore uit die inspirasie wat ontvang was uit betrokkenheid met die Dowes. Nadat ons klient van die Dowe verkragtingslagoffer se situasie verneem het, het hy selfs verder gegaan met sy hulp mbt fondswerwing en verdere steun toegesê aan Act of Grace se Omgeevroue vir Dowes projek. Een van die doelstellings van die projek is om genoeg fondse in te samel om die Konstitusionele Hof te nader om Gebare Taal as amptelike taal te erken om derhalwe ook verkragtingslagoffers so van hulp te wees.


Ons is verder versoek om namens Act of Grace (met die projek Omgeevroue vir Dowes) onomonde hulle steun aan mnr Burger bekend te maak en te verklaar dat daar ten alle tye in mnr Burger se onskuld geglo word. Derhalwe sal die projek van Act of Grace in samewerking met mnr  Burger voortgaan soos voorheen en sal mnr Burger betrokke bly by die fondsinsameling vir die Omgeevroue vir Dowes.


Ons vertrou dat hierdie
onsmaaklike aangeleentheid sy loop sal neem en dat ons klient se onskuld onomwonde in die ope Hof bewys sal word.”

Lewer kommentaar op hierdie berig ... klik hier!

South Africa's Top Sites