GOUE DROME
 
Jou musiek ... ons passie!



Carina Renz
Chandré
Chandré

Gouwsie

Jerome Alden 

John Perkins 

Kaalvoetklong 

Marinus van Rooyen

Die Hemel Weet … M Jackson reik na die stêrre

Sarel Botha

Dit is min dat ‘n nuwe sanger my werklik opgewonde maak. Laas was ek opgewonde oor Bobby van Jaarsveldt toe hy ‘n paar jaar terug by die KKNK met sy Neil Diamond-keurspel almal met sy besonderse stem verras het. Hierdie jaar het ek weer die voorreg gehad om ‘n hele klompie nuwe talent te sien en te hoor en veral een het my sonder twyfel baie beïndruk: Manie Jackson.

 

Manie het verlede Vrydag by die KKNK-afskop net twee liedjies voorgedra en die heel eerste liedjie wat hy gesing het, DIE HEMEL WEET, het my absoluut verstom. Vir my is musiek die belangrikste bestanddeel van enige liedjie en liriek kom so net-net tweede.    Hierdie liedjie is na my mening ‘n voorbeeld van ‘n tipiese liedjie wat  nie net my belangstelling lok nie, maar voel asof dit uit die bodem van Afrikaans en ons mense se harte kom.

 

Manie beskik oor uitstekende vokale vermoëens en dit is duidelik dat hy in die verloop van sy dertien jaar in die musiekbedryf ervaring opgehoop het en ook ‘n ten volle ontwikkelde stem wat duidelik blyk uit die stylvolle vertolking van sy   liedjies.

 

Manie sing hoofsaaklik Afrikaanse Country en veral twee liedjies op die spesiale uitgawe van sy mini-album is iets wat die Afrikaanse publiek gaan troetel vir dekades vorentoe: Die Hemel Weet & Engele. Volgens Select Musiek se webblad beskik Manie nog nie oor ‘n Select-album nie … hou gerus hierdie nuusbrief dop om jou kopie te kry sodra dit beskikbaar word.

 

Intussen kan jy gerus luister na MUSIEK MET ‘FEEL’ op Sondagaande tussen 19:00 en 20:30 op BAY FM 107.9, waartydens ek  beslis onder andere Manie se musiek sal speel. Luisteraars via die internet kan  inskakel op www.bayfm.co.za. 

 

Lewer kommentaar op hierdie berig ... klik hier!

 

South Africa's Top Sites