GOUE DROME
 
Jou musiek ... ons passie!



Carina Renz
Chandré
Chandré

Gouwsie

Jerome Alden 

John Perkins 

Kaalvoetklong 

Marinus van Rooyen

Jacques Arndt - Bay FMJACQUES

ARENDT NOU SAMA

BEOORDELAAR

 

Die bekende Oos-Kaapse bestuurder van die BAY FM gemeenskaps radiostasie, Jacques Arendt, is pas aangestel om as beoordelaar vir die South African Music Awards (SAMA) op te tree. Hierdie   benoeming as beoordelaar dui op die gewig wat verleen word aan Jacques Arendt en BAY FM se bydrae in    musiekbedryf.

 

Die spesifieke kategorie waar Jacques sy beoordelingsvermoë gaan inspan is die   AFRIKAANSE Sokkie Dans - GENRé. “Beoordelings van uitdunrondtes word   aanvanklik aanlyn via die internet gedoen,” sê Jacques. “Ek is baie opgewonde oor   hierdie eer wat die Oos-Kaap te beurt geval het en glo dat BAY FM se posisie as vername rolspeler in die plaaslike gemeenskap, maar ook veral in die musiekbedryf in die algemeen, hierdeur onderstreep word. Vir ‘n plaaslike gemeenskaps radiostasie om raakgesien te word deur groot geeste soos die organiseerders van die SAMA-toekennings, is voorwaar iets wat noemenswaardig is.” Jacques Arendt was ook onlangs deur die ATKV vereer met ‘n AFRIKOON-toekenning vir sy bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaanse musiek.

 

Die jaarlikse SAMA-toekennings is die hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse musiek kalender.

 

Lewer kommentaar op hierdie berig ... klik hier!

South Africa's Top Sites