GOUE DROME
 
Jou musiek ... ons passie!



Carina Renz
Chandré
Chandré

Gouwsie

Jerome Alden 

John Perkins 

Kaalvoetklong 

Marinus van Rooyen

Gitte Alberts

John Perkins

John se CD Lied Vir Pa bevat 14 snitte en die liedjie keuse is gemaak om by iemand van John, wat nou 12 jaar oud is, se ouderdom te pas.

John sing reeds van die ouderdom van 6 en het sy eerste CD op 9 jarige ouderdom uitgereik.

John speel rugby en is vir volgende jaar aangewys as sy skool se hoofseun verder is hy lief om saam met sy Pa vir wie Lied vir Pa geskryf is te vlieg.

John bekoor gehore landwyd met sy vars aanslag en sy unieke verhoog persoonlikheid.

Op sy CD Lied Vir Pa is liedjies soos  Ramkat, Sewe Sakke Sout en dan ook Grootverlang en Noudat ek Groot is wat geskryf  is deur Stef Kruger.

Die internasionale Regisseur Steve Taylor het die opname behartig.

John het opgetree by die Margate Musiekfeeste, Rapport se Kersfees Karnival Carnival City, asook twee jaar by die KKNK en Rittelfees Road Show en gaan op 28 Februarie die tweede jaar opeenvolgend by die BAY FM BURGEROPSKOP in Despatch optree.

Hy is 'n bekende gesig by vakansieoorde en doen optredes by skole en verskeie feeste.

John werk hard aan sy nuwe CD wat in Julie 2010 beskikbaar sal wees.

Vir navrae of besprekings stuur 'n e-pos aan elna@gouedrome.co.za of skakel Elna Botha by 082 706 9717.

South Africa's Top Sites