GOUE DROME
 
Jou musiek ... ons passie!



Carina Renz
Chandré
Chandré

Gouwsie

Jerome Alden 

John Perkins 

Kaalvoetklong 

Marinus van Rooyen

Gitte Alberts

Jerome Alden

JEROME ALDEN -

AFRIKAANSE COWBOY

Jerome is nou omroeper by Bosveldstereo 107.5 fm.  Luister na hom vanaf die Net @ www.bosveldstereo.co.za .  Ma en Woe:  22h00 – 00h00, Di en Do en Vry:  19h00 – 00h00, Sat en So:  21h00 – 00h00

 Navrae:

Corné Vorster

Promgramkoordineerder/Advertensies

BOSVELDSTEREO 107.5 FM

Jou hart van goud/Your heart of gold

012 259 0953/66

www.bosveldstereo.co.za

 Bosveld Logo



BESOEK JEROME OOK BY FACEBOEK - SOEK NET "JEROME ALDEN"


JEROME ALDEN, ONS EIE COWBOY IS HIER OM TE BLY MET ‘N REUSE IMPAK OP ONS PLAASLIKE AFRIKAANSE  MUSIEKBEDRYF.

 

JEROME IS ‘N GEBORE VRYSTATER, LATER HET SY OUERS NA NAMIBIë VERHUIS WAAR HY SY HOëRSKOOLLOOPBAAN VOLTOOI HET.  NA SY MILLITêRE OPLEIDING HET HY TERUGGEKEER NA SUID-AFRIKA OM SY SANGLOOPBAAN VOORT TE SIT. 

 

HY IS ‘N UNIEKE ENTJIE MENS WAT NIE BANG IS OM DINGE OP SY EIE AWEREGSE MANIER AAN TE PAK NIE.  EN DIS NIE NET SY HELE COWBOY IMAGE WAARVAN ONS NOU PRAAT NIE………

 

TELEVISIEOPTREDES SLUIT DIE VOLGENDE IN: FOLLOW THAT STAR, RODEO OP UIT EN TUIS, ADVERTENSIE OP PERD VIR ‘N BOER WAT SY EIE KAR GEBOU HET, CLIVE BRUCE SE PROGRAM GENTLE ON MY MIND (EIE LIED), TOERTJIES OP SY PERD MET PENNY SMYTHE SE PROGRAM FRONT ROW.

 

HET ‘N STEMTOETS GESLAAG BY RADIO JAKARANDA EN HET SY EIE RADIOSTASIE GEHAD IN SANLAM SENTRUM VIR VIER EN ‘N HALF JAAR EN VIR VERSKEIE MEUBELWINKELS PROMOSIES GEDOEN VIR 5 JAAR.

 

SY EIE GESKRYFDE LIED LONELY SIDE OF HEARTBREAK OP ‘N VERSKEIDENHEID CD's, HET OP RADIO VAAL DRIEHOEK SE TOP 20 GEVORDER TOT NR 3 EN HET VIR 16 WEKE DAAR GEBLY.

 

JEROME SPEEL KITAAR MET SY OPTREDES EN DOEN OP  DIE OOMBLIK VAN SY EIE KOMPOSISIES, ASOOK AFRIKAANS-, COUNTRY-ROCK- EN GOSPELMUSIEK.

 

HY IS GEBORG DEUR CENTURION CARAVANS MET ‘N TOERBUS AS GEVOLG VAN SY SUKSESVOLLE OPTREDES VIR HULLE.

 

HY WAS EERS ‘N GESWORE COUNTRYSANGER, MAAR HET LATER IN AFRIKAANS LIEDJIES BEGIN SKRYF NADAT HY GEVOEL HET SY MOEDERTAAL WORD ONDERDRUK.  HY NEEM NET SY EIE GESKRYFDE LIEDJIES OP EN WEIER OM ENIGE ANDER SANGER SE LIEDJIES OP TE NEEM.

SY TWEEDE CD VISAREND IS OPGENEEM BY INFINITY REKORDS DEUR ANDRé HARTMAN. DIT BESTAAN UIT BOERERAP, BLUES, STAMP, COUNTRY EN ‘N GOSPELNOMMERTJIE.  HIERDIE VRIENDELIKE ALBUM BELOOF OM ‘N WENNER TE WEES MET SNITTE SOOS BOEMERANG, PONDOKKIE, JY’S TE LYFSWAAIERIG (VIDEO IS VAN DIE LIEDJIE GESKIET) EN VISAREND.  AL DIE VEERTIEN LIEDJIES SE LIRIEKE EN MELODIEë OP VISAREND IS DIE PRODUK VAN JEROME SE KREATIWITEIT.  SY KITAAR IS NOOIT VêR WEG VAN HOM NIE, WANT AS DIE SKRYFGOGGA BYT, MOET HY DIE SNARE TOKKEL.

 

JEROME WAS ALREEDS HIERDIE JAAR STER VAN DIE WEEK OP RSG EN SY LIEDJIES IS AL GESPEEL OP RADIO RIPPEL, RSG EN RADIO PRETORIA.  VISAREND WORD UITGEREIK DEUR TRIO RECORDS.

 

BY OUDSTHOORN SE KKNK (FOTO LINKS), 2-8 APRIL 2007 IS SY CD VISAREND GOED ONTVANG EN IS HY TIEN VERTONINGS TOEGESTAAN, O.A. BY DIE BURGER, RSG, ABSA WYNTENT, VONK, BANDELA’S, HUNTERS EN GROOTVOëL PARADYS.

 

MET JEROME SE 1STE ALBUM “THE REBEL'S OWN”  HET HY ALREEDS ‘N SLAG AS KUNSTENAAR GEMAAK.  DIE CD BESTAAN UIT ENGELSE EN AFRIKAANSE OORSPRONKLIKE  SKEPPINGS VAN SY EIE.

 

HY TREE SEDERT 1976 PROFESSIONEEL AS SANGER EN MUSIKANT OP EN LATER JARE HET HY NAAM GEMAAK AS RODEORYER, IN 1981 WAS HY RODEO KAMPIOEN. 

 

EN DIE HELE COWBOY IMAGE?

 

SY HELE LAERSKOOLLOOPBAAN HET HY TE PERD SKOOLTOE GERY, ONGEAG DIE WEERSTOESTANDE.  DIE SAADJIE OM ‘N COWBOY TE WEES IS GEPLANT DEURDAT HY  AS KIND  DIE GEWEER IN DIE HAND GESTOP IS OM VERLORE SKAPE IN DIE BERGE TE SOEK.  DAAROM MENSE, SY IMAGE IS OOK SY LEEFWYSE. HY DOEN TOERTJIES OP PERD, SLAAN SWEEP VANAF ‘N PERD SE RUG OP VOLGALOP, GEE INFORMELE PERDRYLESSE EN NEEM RUITERS MET UITRITTE TEEN DIE MAGALIESBERG OP.

 

“MY LEWE LANK NOG HET EK DAARVAN GEHOU OM ANDERS TE WEES. SEDERT EK IN 1976 VOLTYDS BEGIN SING HET, HET EK GEWEET EK WIL NIE SOOS AL DIE ANDER SANGERS IN DIE LAND WEES NIE.  EK WIL IETS WEES EN DOEN WAT ANDER MENSE SAL BYBLY.”

 

EN JA, HY HET DIT BESLIS REGGEKRY.  WANT DIS NIE NET SY LEKKER DIEP COUNTRY-STEM WAT JOU BYBLY NIE, MAAR OOK SY WARM PERSOONLIKHEID WAARMEE HY HARTE VEROWER.

 

 

Jerome is ‘n persoon met sober gewoontes, drink en rook nie, is Godsdienstig en hardwerkend.

 

Om Jerome Alden te bespreek vir 'n optrede, klik hier!

 

“Ek glo ek is gebore

om musiek te maak.”

South Africa's Top Sites