GOUE DROME
 
Jou musiek ... ons passie!



Carina Renz
Chandré
Chandré

Gouwsie

Jerome Alden 

John Perkins 

Kaalvoetklong 

Marinus van Rooyen

Gitte Alberts

Gouwsie

Nadere besonderhede oor GOUWSIE - jou gunsteling sanger - word gereeld hier opgedateer.

Vir navrae en besprekings - klik hier of skakel Elna by 082 706 9717

Gouwsie is besig met die opneem van sy tweede album

Die bekende jong sanger van Joubertina, is tans besig met die opneem van sy tweede album wat na verwagting in 2010 vrygestel sal word.

Gouwsie wen met Gatiepie

Gouwsie het op die GOUE DROME SUPRA wat op 27 November 2009 in THE PLAYHOUSE,  Uptown Teaters, Port Elizabeth plaasgevind het met die louere weggestap toe hy met sy liedjie, GATIEPIE EN DIE WYFIESPOOK, die BESTE LIEDJIE toekenning vir die jaar ontvang het. Die liedjie is geskryf deur Sarel Botha en Deon Mattheus. Gouwsie het ook die derde plek in die kategorie BESTE KUNSTENAAR verower.

 

MEER OOR GOUWSIE ...


VERHOOGNAAM: GOUWSIE
GENRé: Kontemporêr/Pop/Pop-rock
TAAL: Hoofsaaklik Afrikaans en Engels
Ouderdom: 17 Jaar
Grootword-dorp: Joubertina


DIE PAD TOT HIER:

Belangrike prestasies:

2006 – Algehele wenner van die Frans Conradie BAY FM / JIP sangkompetisie op Despatch

2009 – BAY FM SPIRAAL-toekenning vir MEES BELOWENDE KUNSTENAAR

2009 - Wen die BESTE LIEDJIE-kategorie met sy liedjie GATIEPIE EN DIE WYFIESPOOK by die GOUE DROME WOW!-STêR FINALE GLANSAAND

RADIO:

Gouwsie se oorspronklike liedjies GESKEURDE GATSAK, JY IS MY NOOI, INKLEURBOEK en MINI DOUGHNUTS geniet speeltyd op BAY FM 107.9 en sy treffers is ook op hierdie stasie se TOP 5 LOCAL KLANKE. Hy het pas die liedjie GATIEPIE EN DIE WYFIESPOOK opgeneem wat binnekort vrygestel word vir radio-gebruik.


WAAR AL OPGETREE?

NET DIE BELANGRIKSTE OPTREDES:

1)     KKNK (2008 & 2009)

2)     Langkloof Appelfees (Joubertina)

3)     Karriefees (Kareedouw)

4)     Kirkwood Wildsfees

5)     Port Elizabeth - Die BURGEROPSKOP

6)     Jeffreysbaai – Skulpiesfees (drie jaar namekaar)

7)     Despatchfees

8)     Middelburg Skou – Maart 2009

9)  Misgund

10) Volksblad Kunstefees, Bloemfontein

11) Kirkwood WOW!-STêR (hoofkunstenaar)

12) Graaff-Reinet WOW!-STêR (hoofkunstenaar)

 

… en nog talle, talle meer!

SAAM MET WIE?

Sedert 2007 het Gouwsie opgetree in verskeie voorprogramme vir bekende sangers, onder andere:

Fredi Nest - Kirkwood - Augustus 2009

Bravo - Mosselbaai - informele impromptu optrede saam met Kurt Darren

 

South Africa's Top Sites