GOUE DROME
 
Jou musiek ... ons passie!



Carina Renz
Chandré
Chandré

Gouwsie

Jerome Alden 

John Perkins 

Kaalvoetklong 

Marinus van Rooyen

Gitte Alberts

GITTE ALBERTS:

'N STêR VERRYS

Gitte Alberts het onlangs verstom deur een van die grootste sangkompetisies in die Oos-Kaap, die 2010 DIE BURGER BAY FM SANGKOMPETISIE, met gemak te wen.

Gitte is 11 jaar oud en tans in Graad 5 - Laerskool Handhaaf - Uitenhage.

Sing is haar lewe en sy is mal oor mense oud en jonk.. Haar passie is om mense te vermaak met haar Godgegewe talent. Haar beste eienskap is haar nederigheid.

Sy tree graag op by Laerskool Handhaaf se ouma en oupadag, hul prysuitdelings en by hierdie jaar se Despatch Kunsfees het sy in beide Solosang en Gedramatiseerde Poësie Goue Seëls verwerf.

Sy het ook onlangs net voor die 3 Stoutstes by die Voet-ini-Hoek- Fees by Laerskool Frans Conradie opgetree.

Die volgende optrede is die Mej. Bay FM Kompetisie -  30ste Oktober – Muir – Uitenhage.

Kompetisies al deelgeneem:

2006:   1ste Plek – Laerskool Susannah Fourie/UD Nuus Sangkompetisie

2007:   1ste Plek – Metronoom Gospel  Sang Kompetisie

2008:   1ste Plek - Laerskool Susannah Fourie/UD Nuus Sangkompetisie

2009:   1ste Plek - Laerskool Susannah Fourie/UD Nuus Sangkompetisie

2009:   3de Plek – Burger/Bay FM Kategorie 9 -11

2010:   3de Plek – UD Nuus Sangkompetisie Junior Afdeling

2010:     Kategorie 9 – 11 Wenner

              Beste verhoogpersoonlikheid

              Belowendste Deelnemer

              Plus!! Algehele Wenner vir 2010

              Burger/Bay FM Sangkompetisie

Kontakbesonderhede:

Heidi Alberts

082 77 21 665

Marselle Alberts

082 82 10 188

(041) 96 10 568