GOUE DROME
 
Jou musiek ... ons passie!



Carina Renz
Chandré
Chandré

Gouwsie

Jerome Alden 

John Perkins 

Kaalvoetklong 

Marinus van Rooyen

Gitte Alberts

CARINA RENZ

BESPREEK CARINA RENZ NOU VIR / BOOK CARINA RENZ NOW FOR:

VICKY LEANDROS TRIBUTE

LOVE SONGS BY CANDLE LIGHT (MET/WITH MARINUS VAN ROOYEN)

DANS, DANS, DANS - GATSKOP SHOW

FONDSINSAMELINGS VIR SKOLE, KERKE, OUETEHUISE EN ANDER INSTANSIES

FEESTE, VROUEDAE EN ANDER GELEENTHEDE

KORPORATIEWE VERTONINGS/CORPORATE SHOWS

ONTHOU - DIE CD-SHOW

TOP GIRLS

**********************

TWEEDE BAY FM Spiraal-toekenning vir Carina Renz

Die bekende Kirkwoodse sangeres, Carina Renz het onlangs vir 'n tweede keer 'n BAY FM SPIRAAL-toekenning ontvang vir die BESTE TOP 5 KUNSTENAAR met haar liedjie ELKE STUKKIE. Die liedjie is geskryf deur die bekende liedjieskrywer, Jaco Barnard en die verwerking is deur Deon Mattheus gedoen. Carina het in 2008 ook dieselfde toekenning ontvang vir OKKIE, 'n liedjie geskryf deur André M.

Beide liedjies is ook op Carina Renz se debuutalbum. Klik hier om daarna te luister of dit af te laai:

Rhythm Online - South African Online Music Store

Die album is beskikbaar by info@gouedrome.co.za of by Elna Botha by 0827069717.

*******

Carina Renz verras met debuutalbum

Carina Renz - Onthou

Die saal se ligte doof uit. Dis stil in Kirkwood. Die meeste mense wat nog vir die naweek in die dorp is, is in die skoolsaal. En almal raak stil. Die donkerte maak mens mos stil. Iets gaan gebeur. Alger voel dit aan. Hulle weet, vanaand is die aand waarna die hele dorp al twee jaar lank uitgesien het. Daar's nie plek vir 'n muis nie. Lanklaas dat dit so vol was op 'n Saterdagaand. En toe is die stem daar. Met sagte musiek. Slegs kerslig omsingel deur 'n effense kollig-effek. Goeie harmonieë. Maar die stem ... iets besonders, en die lied ... Die Onse Vader. Wat 'n wonderlike manier vir Carina Renz om die vrystellingskonsert van haar debuutalbum te begin. Wys haar afhanklikheid van Onse Heer.

 

Almal wonder of dit ‘n somber aand gaan wees. Veral toe die volgende lied, Don’t cry for me Argentina, met meer lig, sagte lig, van die verhoog af opklink. Maar nee, direk hierna klink Die liefde wat ons bind, ‘n liedjie deur Carina se vriend, Jaco Barnard, geskryf. Die gordyne nou wawyd oop. Die tempo is vinniger, die ligte bons heen-en-weer, op-en-af teen die saalmure en plafon en nog drie liedjies deur Jaco geskryf volg. Dan is dit Stef Kruger se Saggies en Kuiergas wat aan die beurt kom. Lekker verwerkings hierdie – baie spesiaal. Nog vinniger klop die ritme toe André M, die Oos-Kaap se liedjiekoning wat ook deesdae vir Wynand Strydom liedjies skryf, se twee skeppinge deur Carina gesing-dans word. Dan is Marinus van Rooyen daar. Bekend as Suid-Afrika se Roy Orbison hierdie man. Selfversekerd. Ervare sanger. Hy sing ‘n duet saam met die stêr van die aand. En dan sluit sy af met Virginia Lee se treffer, Ek sal jou nooit vergeet nie, asook Dixieland, wat in Suid-Afrika deur Sally Vaughn tot groot hoogtes gevoer is.

 

Selfs die deksnitte is van vooraf verwerk sodat elke enkele stukkie musiek spesiaal aangepas is by Carina se styl. Agt liedjies is oorspronklike liedjies wat nog nooit voorheen opgeneem is nie. Veertien snitte altesaam op die album. ‘n Verskeidenheid wat tog ‘n eenheid vorm. Liedjies wat vir elkeen in die gesin bedoel is. Daar is geen kans dat iemand nie van een of meer van die liedjies sal hou nie.

 

ONTHOU is haar album se naam. Die versorging van die CD-skyf, die CD-boekie, die drukwerk – alles smaakvol en foutloos. Toe die vertoning van lig en klank en grootskerm verby is, is daar ‘n spontane staande ovasie, totdat sy SAGGIES van Stef Kruger weer ‘n keer sing. In die middel van die liedjie oorval die grootsheid van die oomblik vir Carina. Trane wen woorde – en trane is sterker as woorde. Sy is maar pas 18 jaar oud. Sy het groot gehap, maar goed geslaag met hierdie projek. Twee jaar lank hieraan gewerk. Sy skraap moed bymekaar, pluk woorde vanuit die ruim en maak die lied klaar. Maar almal het klaar opgesom: Sy is ook mens, vlees en bloed soos ons almal. Sy kan ook huil en alhoewel sy regdeur koel en kalm en beheersd voorgekom het, het haar mensheid uiteindelik gewys. Dis wat ‘n kunstenaar gewild maak … mensheid, nederigheid, afhanklikheid.

Die mense hou van haar. Agt-en-tagtig koop haar nuwe album. Vyf-en-dertig bestel haar DVD van die aand se verrigtinge. Vir enige kunstenaar in Suid-Afrika is dit ‘n goeie respons. Die versnaperinge na die tyd is heerlik. Kameras flits. Handtekeninge word uitgedeel. “Die Vallei weet nou eers wat hulle in Carina het,” sê Celeste van der Walt, die plaaslike musiekkenner.

 

Die saal se ligte doof weer uit. Hierdie keer om die deur te sluit. Hierdie keer om geskiedenis wat gemaak is agter die deure te bêre. Maar ook sodat Carina kan uitstap, al met die paadjie af, na ‘n nuwe toekoms … een van plesier vir haar en vir haar ondersteuners, wie sy alreeds talle van het. En sy weet: Sy het raak geboor. Daar’s water, daar’s olie, daar is verseker goud!

 

Om te hoor waaroor hierdie bohaai gaan, kry gerus Carina Renz se album, ONTHOU. Dit is op die rak in die Westway Kafee, Kaapweg waar die meeste konsertkaartjies verkry kan word. Of stuur ‘n e-pos aan info@gouedrome.co.za of skakel Elna by 082 706 9717. U sal nie spyt wees nie!”

Die mense hou van haar. Agt-en-tagtig koop haar nuwe album. Vyf-en-dertig bestel haar DVD van die aand se verrigtinge. Vir enige kunstenaar in Suid-Afrika is dit ‘n goeie respons. Die versnaperinge na die tyd is heerlik. Kameras flits. Handtekeninge word uitgedeel. “Die Vallei weet nou eers wat hulle in Carina het,” sê Celeste van der Walt, die plaaslike musiekkenner.

 

Die saal se ligte doof weer uit. Hierdie keer om die deur te sluit. Hierdie keer om geskiedenis wat gemaak is agter die deure te bêre. Maar ook sodat Carina kan uitstap, al met die paadjie af, na ‘n nuwe toekoms … een van plesier vir haar en vir haar ondersteuners, wie sy alreeds talle van het. En sy weet: Sy het raak geboor. Daar’s water, daar’s olie, daar is verseker goud!

 

Om te hoor waaroor hierdie bohaai gaan, kry gerus Carina Renz se album, ONTHOU. Dit is op die rak in die Westway Kafee, Kaapweg waar die meeste konsertkaartjies verkry kan word. Of stuur ‘n e-pos aan info@gouedrome.co.za of skakel Elna by 082 706 9717. U sal nie spyt wees nie!”

Laai die album af by:
Rhythm Online - South African Online Music Store
Rhythm Online Music Store

 

Al die musiek op ONTHOU is van nuuts af verwerk deur Deon Mattheus van Studio 5 onder regie van Sarel Botha. Deon Mattheus is ‘n meester op sy gebied en dit is duidelik dat hierdie album nuwe standaarde stel aan veral Oos-Kaapse opname-ateljees en waarskynlik op nasionale vlak uitstekend sal kan meeding. Bekende ervare plaaslike talent soos Marinus van Rooyen en Robert Gillmer is gebruik om die harmonieë op die album te sing en daar is selfs snitte waarop Carina self die harmonieë behartig en een (die titelsnit) waar Jaco Barnard hierdie taak verrig het. Agt van die veertien snitte is splinternuwe oorspronklike werk wat nog nie op ander albums vir kommersiële doeleindes opgeneem is nie (die twee snitte wat deur die bekende Dozi-liedjieskrywer, Stef Kruger geskryf is, is wel deur homself op ‘n lootsalbum opgeneem wat deur hom gebruik word om sy liedjies te bemark).

 

 

As u enige navraag het omtrent Carina Renz kontak Elna gerus by 082 706 9717.

 

South Africa's Top Sites